Nuusbrief << Keer terug na Herman se nuusbriewe
 

‘n Kunstenaar moet van ‘n ander stoffasie wees as die res van die wêreld. ‘n Ding wat ek nie kan kleinkry nie, is waar hulle die geld kry om enigiets te doen en hoe dit moontlik is dat dit hulle so min kan skeel. Kyk, die een ding wat ek nou al die afgelope tyd geleer het, is dat daar nie miljoene in musiek en ander kunste lê nie, nie eers vir Lucas nie. Ek is gelukkig dat ek ‘n nine to fiver is so ek kan nog oorleef met die tip wat ek elke maand kry, maar die wat hulself heeltemal oorlewer aan die kunste moet sekerlik soms klippe kou, al lyk dit nooit so nie. Boonop rook omtrent 90% van hulle wat nie juis ‘n goedkoop sport is nie (veral teen die tempo wat hulle dit doen).

Wat ek eintlik wil sê is, dis wonderlik dat iemand so passievol vir iets kan wees. In die droogte wat ek nou beleef dink ek soms mens het die klippe nodig, anders kan jy nie skep nie.

Komende Shows

As jy herinner wil word aan shows per SMS, stuur asb. vir my jou selfoon nommer.

Resensies

Herman van Veen

Meeste Suid Afrikaners ken Herman van Veen as ‘n liedjieskrywer en sanger, maar ek dink min besef dat hy einltik by uitstek ‘n kabaret kunstenaar is. Met honderd en vyftien CD’s op sy kerfstok kan mens maklik so ‘n fout maak, maar heellaas, sy kabarette is briljant en die onlangse toer hier het nie teleurgestel nie! Ek het die voorreg gehad om ‘n werkskool van hom by te woon oor kabaret wat my laat besef het daar is veel meer as net ‘n stem en ‘n kaal kop aan die man. Die een ding wat my bybly is die betekenis wat hy aan elke liewe ding gee wat hy doen. Niks is toevallig nie. Vir die wat by die Roodepoort vertoning was, wat daar ‘n bonus van omtrent 4 enchores!

Shine

Suid Afrika se eie Spice Girls! As jy hou van hot moves en hot bodies is dit die ding vir jou. Gemeet aan die hoeveelheid kostuums in die show is dit duidelik nie net die musiek wat ‘n indruk wil maak nie. En dit beteken glad nie die musiek is van lae gehalte nie. Die verwerkings is goed, die afronding is goed, maar al wat my gepla het is dat Alanis Morisette songs nie goed klink in Afrikaans nie.

Nuus

Vita!

Dis wonderlik as die ouer garde nog hulle vere wys! Jannie du Toit en Christa Steyn se De Kleine Man – spoorloos, is vir 4 Vita’s genomineer. Wie’t gesê grys is uit?

Who Stole the Orchestra met Charl van Heyningen, Rory Roothenberg, Karin Meiring en Bondina Osterhoff is ook vir een kategorie genomineer.

En nou vir die beste deel. Alexa Strachan is genomineer vir – wag daarvoor – Most Oustanding Performance in a Musical. Vir die wat nie weet nie, Neklis (waarvoor sy genomineer is) is ‘n eenvrou kabaret soos net kabaret kan wees en so ver verwyder van Musical as toonnaels van ooghare!

UKkasie

So vaar daar ‘n klomp oorsee om die vaalwit Afrikaanses in London te gaan moed insing. Onder andere Anna Davel, Beeskraal, Shine 4 en nog vele.

Tot ‘n volgende keer, en onthou om die nuusbrief te forward aan enigeen wat sal belangstel om dit te ontvang.

Herman

 

 

 
sel: 083 232 1377
epos: info@hermanvdb.co.za
hermanvandenberg.eu brelinafrikaans.eu
 
Kopiereg © 2000 - 2017 Herman van den Berg.
Alle regte voorbehou.
webwerf ontwikkel deur Dumel
grafiese ontwerp - Chenette Swart