Nuusbrief << Keer terug na Herman se nuusbriewe
 

Ek is op die stadium in ‘n redelike sluimer mode wat musiek aan betref. Dis nie altyd maklik om werk en musiek te kombineer nie, so op die oomblik is ek gereduseer tot ‘n ingenieur wat met shakers en mondfluitjie sy musikale behoeftes uitleef in die motor op pad werk toe. Boonop het ons in ‘n nuwe huis ingetrek en verbou (wat ‘n nagmêrrie) en ses weke voor ons eerste baba gebore word, word ek gekonfronteer met babakamers, epidurale en Braxton and Hicks Contractions (ons noem dit sommer Brixton Contraptions). Dis die dat ek so stil was die afgelope tyd. Ek sal weldra hopelik weer op dreef wees (musikaal).

Kom Laat Ons Sing Sonder Zing!

Daar is al heelwat gesê oor kompetisies vir musikante. Ek het my tot dusver nie veel gesteur aan Pop Idols en Popstars nie, en met my eerste kykslag van Zing het ek finaal my mind opgemaak – ek glo nie aan kompetisies vir musikante nie. Ja ek weet EuroSong Contest het ABBA bekend gemaak en heelwat van die kunstenaars wat kompetisies soos Crescendo in Suid Afrika gewen het, is daardeur op die map geplaas, maar ek wonder soms hoeveel van hulle sou nie in elk geval die mas kon opkom sonder die hupstoot van ‘n trofee nie. Een van die interessante opmerkings wat ek al gehoor het, en ek moet eers sê dis totale hoorsê so moet my nie te ernstig opneem nie, was dat Coleske meen Crescendo het hulle meer skade as goed gedoen. Ek kan dit maklik glo as mens in ag neem dat so ‘n kompetisie mens dadelik in ‘n raamwerk plaas, wat nie noodwendig is wat jy wil doen of waarin jy glo nie. Byvoorbeeld, ek wonder hoeveel inset het Heinz Winkler in wat hy sing en selfs wat hy dra as hy op die verhoog is.

Daar is wel seker ‘n positiewe kant van kompetisies, en dis dat jy vertroue kry in jou eie vermoëns as gevolg van ander se geloof in jou. Dit is seker vir heelwat mense die hupstoot wat hulle nodig het, maar ek wonder hoeveel van die tydlose musikante het omgegee wat ander van hulle musiek dink. Daar is seker ‘n mate van goedkeuring wat hulle wil hê, maar hulle kies goed wie se goedkeuring vir hulle belangrik is (en ek glo nie dis nie die algemene publiek nie).

Al wat ek vir wannabe musikante wil sê is DOEN WAT JY DINK IS REG.

Virus

Ek het die afgelope ruk ‘n probleem gehad met ‘n virus wat deur my dubbele firewall geglip het. Dit behoort nie na julle toe te versprei het nie, maar as dit het, laat asb. weet.

Beskikbaarheid van CD's

Ek verstaan dat daar soms probleme is met beskikbaarheid van my CD’s. Laat my asb. weet waar en wanneer dit julle dit nie kon kry nie sodat ons iets aan die situasie kan doen.

Resensies

Laurinda Hofmeyr - Ligdag

Ek het met groot afwagting hierdie CD ontvang, want Laurinda se debuut CD, Perd oor die Maan, is nog steeds een van my gunsteling Afrikaanse CD’s. En ek is beslis nie teleurgestel nie. Die musiek is soos altyd meesleurend, die produksie is nog beter as op die eerste CD en die verpakking is baie stylvol. Die enigste ding wat dalk vir jou kan afsit is die kwaliteit van haar stem, as jy baie daarop ingestel is. As jy van connoisseur Afrikaanse musiek hou, GAAN LUISTER HIERNA!

Anna Davel - Gypsy

Weereens iemand wat net beter word soos die tyd aangaan. Dis ‘n CD wat op die meeste se ore sal val: goeie songs, verwerkings van internassionale gehalte en Anna se fluweelstem. Een of twee van die snitte is vir my te kommersieel, en ek hou nie altyd van ‘n vermenging van Afrikaans en Engels nie, maar dis my persoonlike opininie. Ek sou nog steeds beslis die CD koop, veral vir die snit Geheim

Koos Kombuis - Equilibrium

Getrou aan Koos se styl, is daar skreeusnaakse songs en regte wroegsongs (maar nie te veel nie). Koos doen sy ding nou maar net eenmaal soos wat hy wil, en ek’s mal daaroor. Dis nie hoë kwaliteit verwerkings of produksie nie, maar dit pla nie. As jy van Koos hou sal jy nie teleurgesteld wees nie, jy kan maar koop sonder om eers te luister.

KKNK

Die volgende is na my mening die moeite werd om te gaan sien:
• John Jacobs - Mime La France
• Mamma Medea
• Play@Risk
• Stok
• Volstoom
• Afrikaans Gerock!
• Paradys Blues
• Laurinda Hofmeyr
• Suiwer Sarah
• Wess-Lee
• Gesplete tong
• Jill Joll

Die volgende klink vir my interessant:
• Baobabs don't grow here
• Anna se Engel
• IN GLASs
• Adam Tas en die Huursoldate
• Iemand het gesê
• TNT - soos in dynamite

Vertonings - Herman van den Berg

Uiteindelik kom ek Kaap toe, en jammer dat ek op so kort kennisgewing laat weet, maar dit het vinnig gebeur!
Wanneer: 26 Maart
Waar: Dorpstraat teater, Stellenbosch
Kaartjies: 021 886 6107

Wanneer: 18 April
Waar: Kroonstad, Moet nog bevestig word
Anna Davel:

Beskrywing: CD Launch
Wanneer: 15 April
Waar: Lungile, Roodepoort
Kaartjies: R50, Bespreek by 011 958 1075

Wanneer: 17 April
Waar: Blue Crane Restaurant, Pretoria
Kaartjies: R45, Bespreek by 012 4607617

Vertonings - Laurinda Hofmeyr

Beskrywing: Toonsettings van gedigte
Wanneer: 24 April
Waar: Lucit Candle

Wanneer: 25 April
Waar: Barnyard theater, Magoebaskloof

Nou ja, tot ‘n volgende keer dan, en onthou om die nuusbrief te forward aan enigeen wat sal belangstel om dit te ontvang.

Herman

 

 

 
sel: 083 232 1377
epos: info@hermanvdb.co.za
hermanvandenberg.eu brelinafrikaans.eu
 
Kopiereg © 2000 - 2017 Herman van den Berg.
Alle regte voorbehou.
webwerf ontwikkel deur Dumel
grafiese ontwerp - Chenette Swart