Nuusbrief << Keer terug na Herman se nuusbriewe
 

‘n Vraag wat seker in elke onderhoud met ‘n liedjieskrywer gevra word, is “Hoe skryf jy ‘n song?” of “Waar begin jy om ‘n song te skryf?”.

Verskillende skrywers het verskillende maniere, maar ek hou van Sting se weergawe dat ‘n liedjie iets subliems is wat met jou gebeur, dis nie iets wat jy laat gebeur nie. Hier is wat hy daaroor sê: “If somebody asks me how I write songs, I have to say, ‘I don't really know.’ I don't really know where they come from. A melody is always a gift from somewhere else. You just have to learn to be grateful and pray that you will be blessed again some other time. It's the same with the lyrics. You can't write a song without a metaphor. You can mechanically construct verses, choruses, bridges, middle eights, but without a central metaphor, you ain't got nothing.”

Ek het dit al dikwels ervaar. In die tye wat mens die minste dink daaraan om ‘n nuwe song te skryf, kom daar skielik ‘n idee in jou kop wat net nie wil laat los nie (dit het selfs al in my slaap gebeur met Kraaitjie Melaaitjie en Val Soos ‘n Blaar, en blykbaar gebeur dit dikwels met Billy Joël). Dis dan wat jy weet jy het iets spesiaals beet.

Dis egter net die begin. In meeste gevalle is dit net ‘n musikale idee wat nog glad nie enige betekenis of boodskap het nie. Die volgende stap is gewoonlik om ‘n idee of metafoor te kry wat by die atmosfeer van die musiek inpas en, nog meer belangrik, waarvoor mens woorde kan skryf wat singbaar is en musikaal klink. Afrikaans is ‘n baie moeiliker taal as Engels om lirieke in te skryf, want die klanke is korter en dit vloei nie so maklik nie.

Om die idee en lirieke vir ‘n song te kry is vir my die moeilikste stap. Ek het seker omtrent ‘n 100 musikale idees want ronddryf sonder enige betekenis as ankers. Soms het dit al gebeur dat ek die musikale idee het en dan ‘n gedig of ander lirieke kry wat soos ‘n handskoen pas, maar dis gewoonlik ‘n vloekskoot (Kraaitjie Melaaitjie is so ‘n geval). Meesal moet mens met ‘n paar idees rondspeel en uiteindelik een kry wat werk en dan begin skryf aan die woorde. Dit kan soms jare neem (in my geval). Dikwels verander die musiek om by die progressie in die woorde te pas en soms neem die song ‘n heeltemal ander vorm aan (bv. My Hart en Vyf Maande).

Vir ander musikante is dit ook dikwels die moeilikste deel. Dit is wat Billy Joël daaroor sê: “It's this tortured process of having a melodic phrase with a pentameter to it, with a definite conclusion on each phrase where an actual rhyme would have to go.…. Now if you listen to a piece of music, how does that make me feel? What was I thinking when I wrote that? What was going through my mind? Why did that music get written? That's where you start to look for the words, and then I find, oh it makes me feel this way. Is it about love, is it about life, is it about work, is it about death, fear, happiness, sadness, loneliness, joy, whatever. So there's something encoded in the music and I have to figure out what that is and then drop the right words in. It's like trying to put together a jigsaw puzzle and the pieces aren't pre-made. You have to cut them yourself. Sometimes you have to smush the board a little bit and bend the frame and make up your rules as you're going along sometimes.”

Mens kan ‘n song van die ander kant af benader en eers die lirieke en idee vir die song hê en dan die musiek komponeer (bv. Beiteltjie). Dis hoe Elton John musiek byvoorbeeld skryf. Dit kom vir my gewoonlik heelwat makliker, maar die belangrikste punt in so ‘n geval is om lirieke te hê wat een of ander emosie in jou losmaak en waarvan die woorde singbaar en toonsetbaar is.

Handgemaak Deur Coenie De Villiers

Met Handgemaak vier Coenie sy 21ste jaar in die musiekbedryf. Ek onthou nog goed toe ek die eerste keer met sy musiek gehoor het op Universiteit (op skool het ek net na klassieke musiek geluister). Wat my al daardie tyd al getref het was dat Coenie iets skep in Afrikaans wat uniek is (wat nie altyd noodwendig op almal se ore sal val nie). Ek dink nie daar was soortgelyke musiek in daardie tyd nie, en nog steeds is ‘n Coenie song ‘n Coenie song.

Coenie het ‘n interessante metode gekies om die album op te neem. Dis als baie organies gedoen met die kitaar, klavier, tromme en baskitaar of basviool wat tegelykertyd opgeneem is (soos in die dae van die Beatles). Deesdae word elke instrument appart opgeneem. Dit het gelei tot ‘n baie rou klank en gevoel aan die album waarvan ek nogal hou - daar is foute, maar dit pla nie. Hy het ook heelwat gebruik gemaak van die Dobro kitaar (gespeel deur Johan Rautenbach) wat ‘n unieke klank het wat goed by van die songs werk. Coenie het ook vir Johan gebruik om saam met hom die musikale regie te doen. Die liedjies is kenmerkend Coenie, die verwerkings is eenvoudig en effektief, die mixing pla hier en daar maar nie te erg nie. Sy aanhangers sal beslis aanklang vind by die uiteindelike produk

Vertonings

Wanneer:   9 Julie
Waar:   Johannesburg
66 Sesde laan
Melville
Kaartjies:   R100 (sluit ete in)
Kontak:   e-pos: agterplaas@icon.co.za
(011) 726 6969 (verkieslik in die oggend)
     
Wanneer:   11 Augustus
Waar:   Lungile
Roodepoort
Kontak:   e-pos: lungile@geoinfo.co.za
Santie: (011) 9582936 of 0828255305

Nou ja, tot ‘n volgende keer dan, en onthou om die nuusbrief te forward aan enigeen wat sal belangstel om dit te ontvang.

Herman

 

 

 
sel: 083 232 1377
epos: info@hermanvdb.co.za
hermanvandenberg.eu brelinafrikaans.eu
 
Kopiereg © 2000 - 2017 Herman van den Berg.
Alle regte voorbehou.
webwerf ontwikkel deur Dumel
grafiese ontwerp - Chenette Swart