Nuusbrief << Keer terug na Herman se nuusbriewe
 

Brel en die Boss

Wat het Jacques Brel en Bruce Springsteen in gemeen, mag jy vra?

Die kort antwoord is: Hulle is (of was in Brel se geval) beide gesoute en suksesvolle musikante, en albei mans.

Die lang antwoord is eintlik ‘n vraag: Hoe het hulle daar gekom? Ek het al baie oor hierdie kwessie gedink, en tot ‘n paar gevolgtrekkings gekom.

Daar was so ‘n ruk gelede ‘n inbelprogram op SAFM waartydens daar gepraat is oor musikante, en veral oor die realiteitsprogramme soos Idols. Een van die vrae waarby hulle vasgehaak het, was hoe jy ‘n goeie musikant definieer? My antwoord is dat dit iemand is wat die toets van tyd kan deurstaan. ‘n One-hit-wonder is na my mening ‘n gelukskoot en nie noodwendig die resultaat van ‘n goeie musikant nie (ek het inderdaad ingebel om my opinie te lewer). Ek dink hier aan musikante soos Sting, Ray Charles, Johnny Lee Hooker (wat sy laaste album op ouderdom 81 gemaak het), Eric Clapton, Madonna en ... Bruce Springsteen en Jacques Brel.

Wat interessant is as mens na díe name kyk, is dat dit vir my lyk of daar minder vroulike “langlewende” musikante is (dit mag egter net in my musiek versameling wees). Moderne populêre musiek is ‘n “image” ding, en inherent ‘n seksuele ding, glo ek. Om een of ander rede, lyk dit vir my, verdof die vroulike sterre se vlam egter vroeër. Ek dink dit kan dalk daarmee te doen hê dat vrouens se seksuele aantrekkingskrag gouer kwyn as die van mans. Ja, ek weet dis seker ‘n uiters gevaarlike stelling om te maak, maar ek het dit wel êrens gelees, ek dink in ‘n Desmond Morris boek. Ek kry egter ook die idee dat vroulike kunstenaars in die fleur van hulle lewens makliker ‘n sukses maak van musiek.

Terloops, ek het sopas ‘n biografie van die Beatles gelees, en dis amper ongelooflik wat se reaksies die groep by van die vroulike aanhangers teweeggebring het. Baie van die teaters het bevoorbeeld ‘n probleem gehad dat die meisies die sitplekke benat het.

Julle wonder seker hoekom sonder ek vir Brel en Bruce Springsteen uit. Dis eintlike eenvoudig; ek is besig om aan ‘n Brel vertoning te werk wat by die Volksblad fees in Bloemfontein die planke gaan sien, en ek het ‘n onderhoud met Bruce Springsteen gelees wat my net weer opnuut respek vir die ou laat kry het. Hier is twee aanhalings wat vir my goed was:

Ek ken seker omtrent ‘n duisend mense wat sê hulle wil graag ‘n boek skryf. Maar hulle het nie op die oomblik die tyd nie; hulle gee hulself nog 5 jaar van nekhangertjies en agurkies verkoop tot hulle geld het om ‘n nuwe motor te koop, dan sal hulle die boeke skryf. Maar hulle doen dit nooit nie – Jacques Brel (hy het gemiddeld 370 vertonings per jaar gegee en in 15 jaar 500 liedjies geskry en 200 opgeneem, so hy het beslis nie gewag om sy “boek” te skryf nie)

As an artist, you’re always in the process of trying to make people care about your obsessions, and my obsessions can be pretty dark, so it’s tricky. That’s the one thing that excites me about this record. These are the things I really care about and think about. I don’t worry about how it’s going to do. I have this music. I like it, I listen to it myself. And I figured there’s a part of my audience that will enjoy it. So I put it out – Bruce Springsteen oor sy nuwe album Devils & Dust.

Resultate Van Vorige Nuusbrief Kwessie

Die vraag was of mens Afrikaans en Engels kan meng op ‘n album. Die meeste mense het gevoel mens behoort nie ‘n mengsel van tale te gebruik nie.

Hierdie nuusbrief se kwessie is: Het vroulike en manlike musikante gelyke kans om suksesvol te wees met musiek. Die opsies is:
1. Vrouens het dit makliker
2. Albei het gelyke geleenthede
3. Mans het dit makliker.
Laat my asb. weet deur e-pos wat julle opinies hieroor is.

Hoe Om n Sukses Te Maak In Afrkaanse Musiek

Ek het onlangs ‘n paar tips gekry by ‘n nuusbriefleser:

  1. Werk ‘n paar vloekwoorde in jou songs in.
  2. Maak ‘n gospel album.
  3. Verander jou image – leerbroeke en helpmysterklyk T-shirts, tatoo’s, kuif ens.
  4. Maak ‘n musiekvideo met half kaal meisies wat om jou hang met jou nuwe image.
  5. Speel ‘n klein rolletjie in ‘n pornografiese movie, en sorg dat die pers dit “ontdek”.
  6. Pick ‘n fight met Steve Hofmeyer, Anton Goosen en Koos Kombuis.
  7. Nooi Huisgenoot uit om by jou te kom koffie drink.
  8. Kry Pasella om ‘n insetsel uit te saai waar Kurt Darren, Nadine en Danny K jou tuin herontwerp en flou grappies maak. Thys kan die vleis braai.
  9. Maak ‘n CD saam met Patricia en Amor.

Vertonings

Wanneer: 27 Mei
Waar: Lavender, Roodepoort / Krugersdorp
Kontak: Rista (011) 664 6958

Wanneer: 12 – 14 Julie
Waar: Volksblad Fees, Bloemfontein
Vertoning: Jaqcues Brel in klinkende Afrikaans

Tot ‘n volgende keer dan, en onthou om die nuusbrief te forward aan enigeen wat sal belangstel om dit te ontvang.

Herman

 

 

 
sel: 083 232 1377
epos: info@hermanvdb.co.za
hermanvandenberg.eu brelinafrikaans.eu
 
Kopiereg © 2000 - 2017 Herman van den Berg.
Alle regte voorbehou.
webwerf ontwikkel deur Dumel
grafiese ontwerp - Chenette Swart