Konserte
 
 

Sondag 1 September by Leopard's Leap

Ek het UITEINDELIK 'n geleentheid om weer in die Kaap op te tree! Ek en Nathan Smith (kitaar) hou op Sondag 1 September 'n konsert by Leopard's Leap Family Vineyards in Franschhoek.

Formaat: Leopard's Leap Rotisserie middagete tussen 11:00 - 14:00
Konsert: 14:30 - 15:30
Kostes:
R250 per volwassene - konsert en middagete ingesluit, maar drankies uitgesluit
R50 vir kinders -  konsert en keuse tussen 2 opsies vir kindermiddagete
Kaartjiebesprekings en -betalings kan gedoen word by Franchesca Tel. 021-876 8002 of e-pos by reservations@leopardsleap.co.za
Ander
Daar is ongelukkig nie 'n opsie om slegs die middagete of slegs vir die konsert te betaal nie. Jy is welkom om net een by te woon, maar die kaartjie prys bly dieselfde.
Indien jy nie self 'n tafel opmaak nie, sal jy in Europese styl 'n tafel met ander gaste deel.
Addisioneel van bg, sal daar ook geleentheid wees om 'n wynproe te doen vir die van julle wat nognie Leopard's Leap ontdek het nie!

Leopard's Leap is gewoonlik ERG vol bespreek op naweke, so ek sal aanraai dat julle ASAP bespreek en betaal as julle kan saamkuier. Die Rotiserie is tans gesluit vir 'n winterbreuk, maar maak weer 7 Augustus oop, so ek stel voor julle bespreek voor dan.

Sal HEERLIK wees as julle kom saamkuier!  Daar is baie gras vir kinders om op te baljaar en is die ideale geleentheid vir gesellige vriende saamkuier rondom wonderlike wyn en kos, en 'n bonus van super spesiale musiek daarby.

Besoek gerus my webtuiste vir meer inligting oor Herman, en lees hier meer oor die Leopard's Leap Rotisserie etes.

 

 

 

sel: 083 232 1377
epos: info@hermanvdb.co.za
hermanvandenberg.eu brelinafrikaans.eu
 
Kopiereg © 2000 - 2017 Herman van den Berg.
Alle regte voorbehou.
webwerf ontwikkel deur Dumel
grafiese ontwerp - Chenette Swart