Wat sê die Media van Herman van den Berg?
   
Herman Se Tweede Lewe
deur Ilza Roggeband (Huisgenoot), 12 Oktober 2000


Bedags is hy ‘n ingenieur in Potchefstroom. Maar wanneer hy die kantoordeur agter hom toemaak, is daar net een ding wat Herman van den Berg doen: musiek maak. Die 31 jarige Herman was op Aardklop met Die Beiteltjie, ‘n vertoning propvol oorspronklike Afrikaanse musiek en met ‘n baie talentvolle orkes wat hom begelei het.

Herman is verlede jaar as Beeld se beste nuwe manlike kunstenaar aangewys, was ‘n Crescendo-finalis en sy debuut-CD, Herman van den Berg, is vir ‘n FNB-musiekprys benoem.“Ek het nie gedink ek gaan daarvan hou om op die verhoog op te tree nie, “ sê Herman. “ Maar deesdae kry ek die blues as ‘n vertoning se speelvlak klaarmaak. Vertonings gaan oor so baie meer as net die musiek. Die mense, die administrasie en die gehoor is alles deel van die betowering. “ Herman vertel hy het klarinet op skool gespeel en himself op universiteit kitaar leer speel.

Deesdae kos dit goeie beplanning om al die vure aan die brand te hou. “Gelukkig het ek baie energie,” sê hy. “ Ek hoop om met die Die Beiteltjie deur die land te toer en nog steeds as ingenieur te werk. “Herman, wat ook musiek vir mense soos Matthys Roets en Anna Davel skryf, glo hy het iets te sê en dis duidelik in sy lirieke. Hy erken ook dat dit een van sy drome is om internasionaal erkenning te kry. Maar een ding is seker – hy sal dit in Afrikaans bly doen. “ Dis my wortels, “ sê hy. “ Ek sal dit nooit kan optrek nie.”

   
sel: 083 232 1377
epos: info@hermanvdb.co.za
hermanvandenberg.eu brelinafrikaans.eu
 
Kopiereg © 2000 - 2017 Herman van den Berg.
Alle regte voorbehou.
webwerf ontwikkel deur Dumel
grafiese ontwerp - Chenette Swart