|
Herman van den Berg se stem maak groot opslae in die
Afrikaanse musiekbedryf. Hy was ‘n ingenieurstudent aan Tuks, maar
kon hom nie van die musieknote weghou nie. Hy was vir twee agtereenvolgende
jare ‘n Crescendo finalis. Sy eerste CD, getiteld Herman van den
Berg, bevat ‘n verskeidenheid liedjies wat sy wye musiekbelangstelling
weerspieël. Dis Afrikaans op sy mooiste. Herman het sewe van die
lirieke geskryf – die res is gedigte van onder andere Ingrid Jonker
en ID du Plessis, elke toonsetting is ‘n klein meesterwerk op sy
eie. Herman begelei homself op die kitaar.
|