“Ek kry ‘n
klein beiteltjie, ek tik hom en hy klink; toe slyp ek hom en ek slyp hom
totdat hy klink en blink.” ‘n Versameling ligte musiek wat
wissel van ‘n rustige tempo, ‘n jazz-ondertoon to ligte rock.
Die jong kunstenaarspan se Beiteltjie behoort
in heelwat mense se smaak te val. Die liedjies handel oor bekende en relatief
aktuele onderwerpe soos seksuele frustrasie, date rape, drome, liefde,
mishandeling en dan die terugkeer na ‘n mens se wortels. Dit is
‘n kombinasie van ou liedjies en ook heelwat nuwelinge.
Dit bevat gedigte van onder andere Ingrid Jonker,
NP van Wyk Louw en ook die wat Herman van den Berg self geskryf het. Met
Matthys Maree op die klawers, Juan Oosthuizen (Floors) as kitaarspeler,
die twee broers, David en Theo Klassen, onderskeidelik op die dromme en
die baskitaar, en Herman van den Berg as kitaarspeler en hoofsanger, maak
hulle ‘n gedugte span wat die gehoor meesleur.
Die regie word deur Heidi Edeling behartig. Herman
van den Berg is vroeër as Beeld se mees belowende nuwe manlike kunstenaar
aangewys. Hy is ook vir ‘n South African Music Award genomineer
en het ‘n treffer op KFM gehad. Die produksie se gehalte is baie
goed. ‘n Baie sterk en diep einde sorg vir ‘n goeie slot en
tikkie stof tot nadenke. |