![]() |
|
![]() |
|
Wat sê die Media van Herman van den Berg? | |
![]() |
Flair Proe Aan Die Naam: Herman Van Den Berg. Dis
Eg Afrikaans. Sy Melodieë, Lirieke En Vertolk-Aanslag Getuig Van Flair,
Al Is Dit Deur Internasionale Sterre Beinvloed. deur CJ De Swardt (Vroue Keur), 28 Januarie 2000 |
![]() |
|
|
Vreemde Liefde – bied van die snitte ‘n satiriese blik op die dinge waaroor nog nie regtig in Afrikaanse gesing is nie. Die jazzerige, speelse Poeier en Kwas bekyk die dilemma van transvestiete, die snit Wie Kan Dit Hou? Steek die draak met moeilike huwelikmaats en Vyf Maande handel oor die tameletjie van voorhuwelikse seks. Dit is onderwerpe wat maklik in kruheid, prekerigheid of middelmatigheid kan verval, maar Herman roer die kwessies met smaak en musikale vernuf aan. Herman maak al van jongs af musiek en het as’t ware sy tande op die klarinet gesny. Op Tuks het hy ‘n verhouding met die ghitaar (en sy vrou Seugnet) aangeknoop. As ‘n ingenieurstudent was hy ‘n lid van Pretoria se universiteitskoor, die groep Fortukssimo en die kabaretgroep Tuksedo. Met die dinge van ‘n kind agter die rug, rig hy toe sy toekoms op musiek en verlede jaar is sy groot droom bewaarheid: die uitreiking van sy debuut-CD. Herman het ‘n aangename stem, onopgesmuk en rustig. Hy vertolk met gemak en woordsuiwerheid. Die akoestiese orkestrasie is meesleurend, maar amper terloops; bloot ‘n klanksoom waarop Herman visuele musiekprentjies met sy stem skilder. Tolgoed is versot op die snitte Stilte, As Ek Die Vreemde Liefde, Hunkering en Bo Die Wind, met knap kalwer- en ghitaarwerk en ritmiese perkussie. Tussen die moontlike radiotreffers is die snitte Kruispad, Amazolo (met ‘n melankoliese Afrikaritme) en Kraaitjie Melaaitjie. Wat Koos du Plessis, Coenie de Villiers, Lucas Maree en Anton Goosen in die vorige eeu gedoen het, vermeng Herman van den Berg nou byderwets en progressief in die 21 ste eeu: vars, jeugdig en tersaaklik. Tolgoed hou sy loopbaan dop. Hier is ‘n CD wat nuwe weë vir Afrikaanse musiek baan. |
![]() |
|
![]() |
![]() |
Kopiereg ©
2000 - 2017 Herman van den Berg. Alle regte voorbehou. |